Die Lorriesmous: Blikkies van die Kalahari

Hannes van der Westhuizen.

Anderkant Keimoes, in Kakamas se rigting,  vier die matriekleerlinge fees na die finale eksamen. Gerhardus Blignaut is in sy noppies toe die matriek-uitslae in die koerant verskyn. Hy onthou nog Dominee se aanbod na die gebruiklike gelukwensings in die kerk. “Gerrie, met jou prestasies en vermoeë wil ek jou graag na Stellenbosch stuur.”

LEES OOK: Meer oor Die Lorriesmous

Dominee het sy gemeente geken en geweet waar die fonteinwater nie sterk geloop het nie. Sonder om te aarsel kyk Gerrie oom Dominee stip in die oë en antwoord hom ferm: Ek gaan volgende jaar Hammanskraal toe na die Polisie Kollege. Ek is gebore om ‘n poliesman te word, my oupa het afgetree as Hoof van die Polisie se Hondeskool en sy bloed vloei dik in my are. Net soos ek was hy ‘n derduiwel op agsteman en het menige losskakel die bal aspres aangeslaan voordat oupa hom kon bykom met ‘n plettervat. Dominee het maar gedwee die aftog geblaas. Kort voor lank bevind die seun van die Kalahari hom in Hammanskraal. Toeweiding en dissipline was sy tweeling broers en hy gedy in die intensiewe opleiding. Voor die uitklaringsparade staan hy bekend as korporaal Blikkies Blignaut.

Dis Maandagmore en die hele verkoopspan groepeer in die geurige koffiehoekie. Dit was nogeens ‘n uitmergelende vergadering om die week mee af te skop. Hierdie maand word die siviele konstruksie marksektor geteiken, hoofsaaklik weens die beskikbare voorraad wat hare begin kry.  

Terwyl Neels die oggend verbete voorbereiding doen aan die projek is daar ‘n paar kort, dog beduidende kloppe aan sy kantoordeur. Hy wip uit sy stoel en en maak die deur afgemete oop. Voor hom rys Gerhardus Blignaut op soos ‘n deurwinterde bloekomboom. Hy stel hom voor as Blikkies van Keimoes in die Noord Kaap. Neels luister aandagtig na die afgemete trant van Blikkies se woordeskat en uitspraak, millitêre kwaliteit!  Dons Ferreira van die Eiland op die Grootrivier het Blikkies na Neels verwys.

Dons is ‘n gesiene uitvoerder van prima vars druiwe na Britanje. Hy het al drie perde by Neels gekoop om sy verkoelde leunwaens na die Kaapse hawe te trek. Dons sit nie ‘n voet van die Eiland af nie, so het sy pa en oupa ook gedoen. Mense kom na die Eiland toe om besigheid te doen, die Eiland is vas geanker op die Oranje. Wat hy koop laat haal hy self met sy eie drywers. As Dons jou na my gestuur het sal jy dieselfde behandeling as hy kry, verseker Neels vir Blikkies. Hier kry Neels te doene met ‘n koper wat weet wat hy wil hê. Gelukkig is daar ‘n Powerliner enkel dryf-as perd met slaapkajuit in voorraad. Hy word aangedryf deur ‘n kanniedood allemintige ADE 442V8 enjin sonder turbo-aanjaers.

Die Astas 16S-190 ratkas se toepassing stel die voertuig instaat om kombinasie vrag te vervoer. Blikkies verduidelik dat Neels die perd konfigurasie moet verander na lang wielbasis vragdraer, asof dit ‘n opdrag is. Dis waarom Dons vir Blikkies na Neels gestuur het, hier word professionele  voetwerk vereis. Verder moet die langbak verwyderbare massakante kry en ‘n swaardiens trekstang om trailer te trek. Blikkies se teikenprodukte is kiste rosyne skuif vir die wingerdmanne en voerbale vir die skaapboere. Blikkies verstaan dat die aflewering eers oor ses weke geskied, hier word ‘n doelgemaakte trok gebore.

Die papierwerk is afgehandel, vyftig persent van die koopprys as deposito aangeteken en die transaksie word met ‘n kragtige bladskud bevestig. Met die groet kyk Blikkies vir Neels stip aan en sê: Toe ek drie maande gelede vroeg pension gevat het, was ek bekend as Kaptein Yster van die voertuie instandhouding afdeling Noord Kaap. Blikkies gromlag binnensmonds toe hy wegstap op sy parade treë.

Drie weke voor Krismis is Blikkies se blinknuwe trok gereed vir aflewering. Selfs die tegniese direkteur het hierdie eenmalige vragdraer se wiele  kom skop en hulle joernalis fotos en details geneem vir haar artikel. Die rekenmeester verwittig Neels dat die balans vereffen is en hy kan laat waai met die aflewering na Keimoes. Blikkies se stem trek toe van opgewondenheid toe Neels hom die goeie nuus meedeel. Hierdie keer bly Vroulief tuis omrede dit slegs ‘n vinnige heen en weer rit sou wees. Neels het hom deeglik misgis met die Noord Kaap se deeglike hoflikheid.

Supplied.

Lank voor dagbreek trek Neels en Koisanna verby Potjiestroom oppad na die Kalahari. Koisanna, betroubaarheid vergestalt in ongekende vaardigheid agter enige stuurwiel, ry vooraan met Neels so ‘n honderd meter agterna. Voor die wind is hulle slagspreuk en toe die trein op Uppington stop vir blaaskans en brandstof ingooi, is die grade net verby die 44 merk. Dit was maklik om Blikkies se plot met die historiese plaashuis te kry met die eks-poelies kaptein se aanwysings.

Alles is in stille afwagting om die opstal en slegs ‘n uitgevrete boerboel heet hulle welkom. Toe Neels stram uitklim, storm ‘n agttal Kalaharimanne op hom af. Tien meter weg trap hulle briek in ‘n stofwolk en dans die plaaslike platvoetsleep-riel terwyl Blikkies banjo tokkel. Sonder om te groet betakel die agttal die Powerliner: Koisanna het vir sy eie veiligheid eenkant gaan staan. Neels hou vir Blikkies dop terwyl hy met beide hande oor sy lorrie vryf, van vooraf na agtertoe aan elke kant en dan saggies onderlangs prewel. Eweskielik spring die sewetal agter op die bak en Blikkies agter die stuur.

Met ‘n sagte egalige brul van die V8 skuif Blikkies verby Neels asof hom te wys hoe om seepglad met die sestienspoed ratkas te werk. Al wat Koisanna kon uitkry was: Hau, daai baas hy ken van ry, ek hoef hom brokkelol te leer.

Uit die hoek van sy oog merk Neels ‘n boervrou op die stoep wat hulle naderwuif vir koue gemmerbier. Dis Anneli, Blikkies se aanvallige wederhalf. Neels hoor skaars wat sy praat: hy was nog altyd doof geklap in ‘n vreemde mooi dame se geselskap. Sit nou rustig en drink die Kalahari in terwyl ek die tafel dek, Blikkies sal betyds terug wees, sê sy met melodie in haar stem.

Die springbokribbetjie herinner Neels aan iets wat hy nog altyd wou hê maar buite sy bereik was. Na die Boekevat neem hulle plaas op die veranda terwyl die aandster sy eerste oogknip gee, Blikkies maak keelskoon: Neels, ek wil jou bedank vir ons uitstekende transaksie. Jy het voorwaar jou kant gebring. Natuurlik sou jy graag so spoedig doenlik terug op kantoor wees, dog hierdie is my eerste en laaste lorrie wat ek gekoop het. Ek sal eers oormore aflewering teken, tot dan het ek en jy ‘n stywe skedule om af te handel in die Kalahari.

Morevroeg eet ons brekfis op die Eiland by Dons-hulle. In die agtermiddag kuier ons by die skaap- en rosyntjieboere; almiskie koop een ook ‘n lorrie by jou. Ek kon g’n  teëspraak vind met Blikkies se voorstelle en besluit nie, veral toe hy my nog ‘n kelk Grootrivier water aan presenteer.

Amper dertig jaar later loop hulle mekaar raak, elkeen meer as grys om die slape. Hulle tuur saam oor die eindelose golwe, elkeen stil dankbaar dat hulle paaie gekruis het. Hulle kyk mekaar aan met waardering, albei boerseuns met vaderlandsliefde en diepe erkenning van die Allerhoogste. Dan vra Neels, ry jy nog vir Doppies; so het hy sy pragstuk gedoop. Maar natuurlik, gelukkig is hy nog ver van twee miljoen kilometers. Ek moes al ’n paar keer nuwe bande opsit en brieke twee maal doen. Die koppelaar ken g’n einde nie, net ek vat aan Doppies se wiel. Verder het net  ek die olies en filters vervang. En dan praat ek met Doppies, ons verstaan mekaar se taal. Onthou jy die dag toe jy hom gebring het en ek hom gestreel het? Doppies en ek het toe familie geword.

Die Kalahari bo! Ver in die ou Kalahari…. Wyd en blou lê die Kalahari-vlaktes waar die springbokkies huppel en wei terwyl Blikkies en Doppies sagkens draf oor sy paaie. Selde word werksbevrediging so besing.

Hannes van der Westhuizen

 

Hannes van der Westhuizen was born, raised and educated in Pretoria. He tried varsity, did not like it and took up a job with Lever Brothers.

 A colleague suggested they try being salesmen after reading a newspaper ad.  On his first assignment, Hannes managed to get a large corporation in Kimberley to buy calculators and once he was handed his first commission cheque, he was hooked on sales.

Hannes was head-hunted by a truck sales company and was completely smitten.  He and his proper love, wife Elma, retired to Anerley where they enjoy being beachcombers.

  AUTHOR
Hannes van der Westhuizen

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

South Coast Herald


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

South Coast Herald

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: