SNP berei voor vir eksamens

Suidie redenaars (agter, van links) Luca Meyer, Leandrie Nel, Ellri van Zyl, (middel) Hermione van Zyl, Jessica de Bruin, Mignon Wessels; (voor) Luke du Plessis, Mianca Majoor, Leandie du Toit, Christopher du Bruyn en Zonique du Plooy (heel voor) wys hul slag.

Suid-Natal Primêr se senior-leerlinge werk baie hard en berei voor vir die eksamen wat 60 persent (25 persent vir grade 4 tot 7) van die jaar se punte tel. Sprekers van die prysuitdelings berei ook reeds hul toesprake voor, sodat daar geen onnodige takies in die eksamen gegee word nie. Gr 7 leerlinge is besig om hul afskeidsfunksie te reël.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr daag ander grade uit

Die skool se redenaarsklub het die afgelope week aan die ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem. Leerlinge het besonder goed gevaar en beoordeelaars was beïndruk met die hoë gehalte praatjies.

Elkeen het ’n sertifikaat ontvang. In die senior-afdeling was die wenners as volg: Mianca Majoor (derde plek), Leandrie Nel (tweede plek) en Ellri van Zyl in die eerste plek. Welgedaan Suidies!

Die senior A en B krieket-spanne het verlede week teen Izotsha Primêr gespeel. Die spel was in goeie gees gespeel en leerlinge het dit terdeë geniet.

 

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

  AUTHOR
South Coast Herald

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
SNP leerlinge maak musiek