Hoërskool Suid-Natal spog met uitstekende uitslae

HSN atlete (agter, van links) Carla Kretzschmar, Jarryd Berning, Grant Marks, Michelle Kretzschmar, Thinus Bester, (voor) Rachel Siyangapi, Adri van der Walt, Marizaan Wagenaar en Bronwin Day-Garden het fantasties gevaar in verlede week se atletiekbyeenkoms te Kingsway.

HOËRSKOOL Suid-Natal se atletiekspan het verlede Saterdag aan die Kingsway atletiekbyeenkoms te Amanzimtoti deelgeneem. Vyftien skole het aan hierdie byeenkoms deelgeneem en Suidies het baie goed gevaar en spog met uitstekende uitslae.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED INSuid-Natal Primêr verwelkom skoolhoof Callie Krog

Atlete Rachel Siyangapi (tweede 800m), Adri van der Walt (eerste diskus/eerste gewigstoot), Marizaan Wagenaar (eerste verspring/tweede 200m), Bronwin Day-Garden (eerste spiesgooi), Carla Kretzschmar (tweede verspring), Jarryd Berning (eerste gewigstoot), Grant Marks (tweede gewigstoot/tweede diskus), Michelle Kretzschmar (eerste hoogspring/tweede verspring), Thinus Bester (tweede hoogspring), Leslie Walker (eerste diskus/tweede hoogspring en verspring) het uitgestaan met goeie eerste en tweede plekke.

Jacques Gous het aan die Reitz rugbyweek deelgeneem gedurende die Julie vakansie en sy goeie spel het keurders so beïndruk dat hy vir die SA Platteland 7s span gekies is wat in die Oktober vakansie na Mauritius toer. Baie geluk Jacques.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

  AUTHOR
South Coast Herald

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hoërskool Suid-Natal atlete gekies vir distrikspan