Suid-Natal Primêr boekwurms berei voor

Gr 5 leerlinge (agter, van links) Chizette Pretorius, Desiree du Plooy, Natasha Soto, (voor) Tersius Bezuidenhout, Morné Earle en Michael Potgieter is reg en baie opgewonde oor die lees kompetisie.

SUID-NATAL Primêr is hard aan die lees met ’n leeskompetisie wat geloots word. Groot pryse is op die spel vir die leerlinge wat die meeste lees.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED INSuid-Natal Primêr stel nuwe atletiek rekords

Verlede Vrydag het die gr 2 leerlinge markdag gehad en dit terdeë geniet. Dankie aan al die ouers vir hul bydraes en hulp.

Dit was met groot afwagting dat drie Hollandse leerlinge ’n dag by Suidies kon deurbring. Dit was vir hulle ’n groot belewenis om die skoolopset te kon ervaar. Die hoogtepunt was die nuwe maats en lekker kuier gedurende pouses.

Hollandse maats Femke Burger (agter, middel), Loes Burger en Dani Burger (voor, links en regs) kuier lekker saam met Suidies Nelzaan Strydom en Yohané Botha (agter, links en regs).

Leerlinge oefen hard aan atletiek. Vir sommige is dit ’n eerste bekendstelling aan sekere veld items soos hoogspring, verspring en gewigstoot. Die uitdunne vorder fluks en almal sien uit na die interhuis wat 18 Augustus plaasvind.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

  AUTHOR
South Coast Herald

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Suid-Natal Primêr bou koelhouers