Suidie atlete laat die rekords spat

Suidie atlete Leenan le Roux en Bronwin Day-Garden (senior victor en victrix ludorum) en Antoinette Harmse en Leslie Walker (junior victrix en victor ludorum) het fantasties gevaar by verlede week se interhuis-atletiekbyeenkoms.

HOËRSKOOL Suid-Natal het verlede Vrydag ’n baie geslaagde interhuis-atletiekbyeenkoms gehad. Antionette Harmse was as junior victrix ludorum aangewys, Leslie Walker het met die junior victor ludorum toekenning weggeloop, Bronwin Day-Garden is senior victrix ludorum en Leenan le Roux, senior victor ludorum.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED INHoërskool Suid-Natal trots op ‘blits bokke’

Die volgende atlete het gesorg dat die rekordboeke oorgeskryf word: Leslie Walker (hoogspring en diskus O14), Thinus Bester (verspring O15), Adri van der Walt (diskus en gewigstoot ope), Charl Harmse (1 500m O15), Carla Kretzschmar (verspring O14), Eugene van der Walt (diskus O16), Enrico Burger (400m en 200m O15), Michelle Kretzschmar (hoogspring O16), Leenan le Roux (verspring ope), Lynette Bester (spiesgooi O14), Brendon Jansen (100m O14), Ruan Venter (verspring O16), Bronwin Day-Garden (spiesgooi ope), Jacques Engelbrecht (100m ope) en Keyton Vorster (800m O14).

Baie dankie vir elkeen se deelname en organisasie, daarsonder sou die geleentheid nie kon plaasvind nie.

 

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

  AUTHOR
South Coast Herald

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Suidie atlete skitter